1,128
Novon Retail Company
Novon focuses on value-added and quality service toward interested parties in the value chain of crop care solutions.
Op 24 Junie 2026 het Novon gesamentlik met UPL en Global Macadamias ‘n insiggewende dag saam met die boere van Nelspruit en omliggende areas gehad. Die dag was by Alkmar te Nelspruit gehou.
Dr. Bridgitta Steyn van UPL het die Biologiese aspekte bespreek en Philip van Zyl sy tegniese kennis ook met almal gedeel.
Gelukkige Vadersdag van almal by Novon Retail Company! #fathersday #vadersdag
Met Novon se akkurate blaar- en grondontledings neem jy ingeligte besluite wat raaiwerk uitskakel. Ons help jou om jou insette optimaal te benut, koste te beheer en die beste moontlike opbrengs uit elke hektaar te kry.
Novon: Jou vennoot in elke seisoen! Ons help met:
• Praktiese plaasgerigte advies vir besluitneming.
• Oplossings wat aangepas is vir jou spesifieke gewasse.
• Ondersteuning in elke kritieke groeistadium.
• Fokus op volhoubare en winsgewende opbrengste.
By Novon weet ons dat ’n goeie oes nie toevallig is nie. Deur presiese blaar- en grondontledings sowel as die bevordering van voordelige insekte, lê ons die wetenskaplike fondament vir jou sukses.
Novon is jou vennoot tydens elke stap van die produksieproses. Ons bied oplossings wat volhoubare groei bevorder en help om konsekwente opbrengste jaar na jaar te verseker.
Met ons volhoubare oplossings help ons jou om nie net vandag se opbrengs te beskerm nie, maar om langtermynsukses vir die volgende generasie boere te behaal.
